AGRED se Jagvoëls van Suid-Afrika

AGRED African Gamebird Research, Education & Development Trust Limited Edition Gamebird Prints AGRED's Gamebirds of South Africa
Members Shoots & Courses Firearms Dedicated Hunter Join AGRED Contact AGRED
Home
About Agred
Licences
Consultancies
Funding
Vrede Conservancy
News & Events
Research
Policies
Codes of Conduct
Search
Related Links
Member's Area
Logout


Join AGRED - Click here for more info


AGRED se Jagvoëls van Suid-Afrika

Velduitkenning en Bestuur

Die bepalende naslaanwerk vir almal wat ongetemde Afrika liefhet

"Die mees akkurate uitkenmerke van Suid-Afrikaanse jagvoëlsoorte wat nog verskyn het, tesame met 'n maklik verstaanbare weergawe van bestuur, verseker die praktiese toepaslikheid van hierdie boek vir die grondeienaar" - die mening van AGRED se Boekkomitee.

AGRED se Aanbod

"AGRED se Jagvoëls van Suid-Afrika" verskyn in November 2005. Hierdie uitsonderlike boek bevat heelwat inligting, wat nie voorheen gepubliseer is nie, oor die uitken, habitat, status, benutting, bestuur en navorsing van jagvoëls.

Die gegewens is grondig nagevors, wetenskaplik onberispelik, en is 'n ryk bron van unieke inligting oor Suid-Afrika se jagvoëls, beide land- en waterlewend, wat verseker dat dit 'n uitstekende naslaanwerk is.

Die afbeeldings van die voëls en hul habitats, wat Penny Meakin spesiaal in opdrag gemaak het, bied waardevolle visuele inligting aan boere en voëlentoesiaste op alle vlakke, terwyl die estetiese egtheid van die handgeskilderde afbeeldings liefhebbers van natuurkuns sal betower.

Die skrywer en erkende jagvoëldeskundige, Dr P.J. Viljoen, sluit 'n insiggewende gedeelte oor jagvoëlbestuurstegnieke in en verduidelik waarom boere jagvoëls as 'n hulpbron moet beskou wat inkomste kan verdien en gekoester moet word. Dit sal 'n belegging wees en help om die toekoms van jagvoëls in Suid-Afrika te verseker.

Die aanskaf van hierdie boek sal fondse na jagvoëlnavorsing laat vloei, wat weer sal meehelp om habitat te herstel en werksgeleenthede in landelike gebiede te skep.
Suid-Afrikaanse Jagvoëls


Die boek behels 63 jagvoëlsoorte, wat tarentale, fisante,m patryse, kwartels, sandpatryse, eende, ganse, snippe, poue en korhane insluit. Die insiggewende inhoud bevat twee nuutjies: uitkensleutels wat die leser sal lei om moeilike soorte uit te ken, en afbeeldings van vere wat die entoesias in staat stel om die teenwoordigheid van jagvoëls te bespeur deur die vere wat dikwels in die veld opgetel word. Die ondervlerkpatroon van talle soorte word ook vir die eerste keer afgebeeld.

Die hoofstuk oor jagvoëlbestuur is die mees gesaghebbende opsomming wat nog oor Suid-Afrikaanse jagvoëls verskyn het. Dit behels uitgebreide kennis, maar behou steeds 'n eenvoudige en praktiese benadering vir die grondeienaar. Die boek verskaf ook 'n grondige lys verwysing oor Suid-Afrikaanse jagvoëls, wat die entoesias nuttig mag vind.
Dit is die eerste omvattende boek oor jagvoëls wat in Afrikaans verskyn, wat dus sy waarde vir die bewaring van ons jagvoëls en as versamelstuk verhoog.

"AGRED se Suid-Afrikaanse Jagvoëls" gaan 'n gesogte boek vir voëlentoesiaste op alle vlakke wees, wat jagters, boere en natuurkunsliefhebbers insluit.
Klik hier om u kopie NOU te bestel!

"AGRED se Jagvoëls van Suid-Afrika is uitmuntend geïllustreer deur Penny Meakin, en deur die gesaghebbende beskrywings wat die leefwêreld van jagvoëls verduidelik word dié voëls in hul ware perspektief gestel."

Dr Ian Player - Ondervoorsitter, Wildernisstigting

Publikasie Inligting

Dr. P.J. Viljoen (skrywer)

Dr. P.J. (Slang) Viljoen is Suid-Afrika se bekendste velddeskundige oor jagvoëls en het oor die afgelope 14 jaar bestuurstegnieke ontwikkel. Hy het 'n D.Sc. in natuurlewebestuur (Universiteit van Pretoria) en is 'n navorsingsgenoot van die Sentrum vir Natuurlewenavorsing, Universiteit van Pretoria. Dr. Viljoen was organiseerder van die 2e Suid-Afrikaanse Jagvoëlsimposium, Hy het ook verskeie toekennings ontvang en het talle posisies as ampsdraer of wetenskaplike raadgewer van organisasies wat met jagvoëls verband hou, beklee. Hy staan hoog aangeskrewe as jaghondbeoordelaar en afrigter van verskeie jaghonde wat pryse verwerf het.

Penny Meakin (kunstenaar)

Penny Meakin se vroeë jare in Kenia en Zimbabwe het tot 'n diepgaande liefde vir die natuur gelei. Nadat sy kuns gestudeer het, het haar vroeë wetenskaplike illustrasies gou private en openbare opdragte gelok, wat tot 'n loopbaan as natuurkunstenaar gelei het. Haar gunsteling onderwerpe is jagvoëls, wat die ongerepte wildernis van Afrika versinnebeeld. Penny vul veldwaarnemings met foto's, studievelle en vars eksemplare aan om lewensgetroue afbeeldings te maak. Sy glo dat dit noodsaaklik is dat die kunstenaar die voël in sy natuurlike omgewing moet sien en om 'n aanvoeling vir sy algemene voorkoms, houding en omgewing aan te kweek.

Prof. Banie Penzhorn (vertaler)

Banie Penzhorn is in biologiese wetenskappe, natuurlewebestuur en as veearts opgelei. Hy doseer aan die Fakulteit Veeartsenykunde van die Universiteit van Pretoria en het reeds meer as 90 navorsingsartikels gepubliseer. Banie het reeds nege natuurboeke uit Engels in Afrikaans vertaal.


Standaarduitgawe

Betaling van R454.00 + R41.00 vir versekering en posgeld sal verseker dat u 'n eksemplaar van die Standaarduitgawe ontvang.

Rig navrae aan:
Dr Aldo Berruti, Direkteur, AGRED

Telefoon:
+27-(0)11-7828756
+27-(0)11-4452685

Faks:
+27-(0)11-7828756

e-pos:
agred@netdial.co.za

Klik hier om u kopie Nou te bestel!
15% Afslag vir AGRED lede op alle uitgawes



Gamebirds of South Africa
home | members | shoots & courses | firearms | dedicated hunter
about agred | news & events | funding | contact agred | research | policies | code of conduct
licences | consultancies | vrede conservancy | search | related links | join agred